Ministers strafregtelik aangekla
2010-05-10 09:50
Isabel Stoltz
Drie nasionale ministers is aangekla vir oortredings ingevolge die Nasionale Waterwet (nr. 36 van 1998).
Buyelwa Sonjica, Minister van Waterwese en Omgewingsake, Susan Shabangu, Minister van Mynwese, en Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, word van nalatige optrede of versuim beskuldig wat landsburgers se reg op veilige kos en skoon water bedreig.
Die klag is ingedien deur Louis Meintjes, voorsitter van die Nasionale Waterforum en ondervoorsitter van die TLU SA.
Meintjes het aan Landbouweekblad gesê dié optrede is genoodsaak in belang van die landbou en alle Suid-Afrikaners.
Lees meer op landbou.com.