Ministerie aanspreeklik ná polisieman verkrag
2011-12-15 14:40
Johannesburg – Die konstitusionele hof het Donderdag beslis dat die ministerie van polisie aanspreeklik is vir die optrede van 'n beampte wat in 1998 'n 13-jarige meisie in die Wes-Kaap verkrag het.
Allister van Wyk, wat by die George-polisiekantoor gestasioneer was, was nie ten tyde van die voorval in Oktober 1998 aan diens nie. Van Wyk het 'n polisievoertuig gebruik om die meisie, wat as "Miss F" geïdentifiseer is, 'n saamrygeleentheid te gee.
Hy het toe na 'n donker plek in Kaaimans, buite George, gery en haar verkrag. Die tiener het van 'n nagklab afgekom waar sy en haar vriende gestry het. Van Wyk het aangebied om haar huis toe te neem, maar het haar verkrag.
Van Wyk is 12 jaar tronkstraf opgelê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA