Minister wil besnydenisse stop sit
2010-06-28 04:47
Gauteng – Sicelo Shiceka, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, sê hy oorweeg om tradisionele inisiasies te begin reguleer nadat menigte seuns tydens onwettige besnydenisse, oorlede is.
“Die departement het ook ‘n beleid oor die tradisionele inisiasie en besnydenisse ingedien wat vra dat tradisionele leiers aanspreeklikheid vir hierdie gebruike aanvaar,” het Shiceka gesê.
Daar sal glo ook ondersoek ingestel word tot inisiasieskole en die besnydenisse wat daar toegepas word asook die moontlikheid om dit met erge vonnisse te straf.
Die koerant City Press het Sondag berig dat menigte jong Xhosa seuns tans in die Oos-Kaap besig is om dood te gaan nadat hul onwettige besnydenisse ondergaan het.