Minister wéér in sop oor peperduur verblyf

2009-10-18 16:09
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Nathi Mthethwa, minister van polisie, het nóg 'n rekening by 'n peperduur hotel opgejaag. Dié keer meer as R500 000 in Durban.

Die Sunday Independent berig dat Mthethwa en polisiebeamptes verantwoordelik vir sy persoonlike veiligheid tussen 19 September en 25 April in die luukse Hilton-hotel geboek was teen 'n koste van R578,499.

Sy woordvoerder, Zweli Mnisi, het nie kommentaar gelewer op dié bedrag nie. Hy het gesê Mthethwa was in Desember in KwaZulu-Natal as deel van sy "amptelike pligte". 

Volgens Mnisi was Mthethwa in Desember in KwaZulu-Natal om deel te neem aan veldtogte om misdaad oor die feesseisoen te verminder. Mthethwa se verblyf in April was tydens die nasionale verkiesing.

Luidens die Sunday Independent se afskrif van Mthethwa se rekening, was hy Kersfees en Nuwejaar in dié hotel.

Tydens Mthethwa se ononderbroke verblyf van 17 dae vanaf 17 Desember was hy sonder wagte in die hotel. Dié rekening het meer as R86 000 beloop.

Die aand voor Valentynsdag was Mthethwa by dieselfde hotel ingeboek, dié keer met vier wagte teen 'n koste van R38,516.

Van 19 tot 25 April het hy en twee wagte in dié hotel gebly. Dié rekening was R89,000.

Die rekening by die Hilton-hotel is dubbel as dié wat belastingbetalers vir Mthethwa se 17-dag verblyf in die Table Bay-vyfsterhotel in Kaapstad vroeër vanjaar opgedok het. Mthethwa se verblyf by dié hotel het R234 000 beloop terwyl sy huis weens vloedskade herstel moes word.

Mnisi het gesê die minister het nie geweet die verblyf by dié hotel is so duur nie.

Opposisiepartye het met woede reageer teenoor Mthethwa se jongste "verkwisting".

– Sapa
 

Lees meer oor: nathi mthethwa  |  skandale  |  politiek

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.