Minister van onderwys bedreig demokrasie, sê DA

2010-08-24 09:35
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, is nie geskik vir dié pos nie.

Dr. Wilmot James, DA-woordvoerder oor hoër onderwys en opleiding, het gister in ’n verklaring gesê die hoëronderwysstelsel sal sonder Nzimande beter daaraan toe wees.

“Hy is ’n bedreiging vir vryheid en demokrasie. Hy is nie ’n onderwysminister wat die nasie dien nie, maar eerder ’n kommissaris wat sy gewig rondgooi.”

James meen dit is ietwat van ’n politieke obseniteit as ’n minister wat vir hoër onderwys verantwoordelik is die muilband van die media ondersteun. Hy het gesê Nzimande se steun vir die mediatribunaal is net so outoritêr soos sy opdrag dat universiteite programme moet aanbied ter ondersteuning van die ANC se sogenaamde “ontwikkelende staat”.

Volgens James het dit nog nie tot Nzimande deurgedring dat koerante verantwoordbaar teenoor hul lesers is nie. “Lesers besluit watter koerante om te koop, te lees of te glo. Hulle besluit self wat geloofwaardig is.

“Nzimande het geen respek vir ’n individu se oordeel nie, omdat hy nie respek vir individue het nie,” het James gesê.

Volgens hom het dit ook nog nie tot Nzimande deurgedring dat dit sy werk is om opleiding van studente aan te moedig wat hulle idees laat ontgin eerder as om die knie voor die propaganda van die politiek-korrektes te laat buig nie.

James het gesê Nzimande is aanmatigend as hy dink hy kan besluit wat vir mense goed is en wat hul kinders moet leer. “Hy moet gaan, en sommer nou.”

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.