Minister sien ramp kom met MIV en TB

2011-10-05 09:09
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – “Ek vra mense nie om een van hul baie huise of ’n deel van hul salarisse aan armes te gee nie.

“Kom ons kom darem net ooreen om hulle te versorg as hulle siek is.”

Só het dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, Dinsdag gepleit toe hy sakelui op ’n ontbyt in Johannesburg oor die nasionale gesondheidsversekeringstelsel (NGV) toegespreek het.

Motsoaledi het gesê geen land in die wêreld bestee soveel as Suid-Afrika met sulke swak gesondheidsuitkomste nie.

“Mense sit by hul tafels en eet en drink. Ek sien ’n ramp kom en dit maak my bang,” het hy gesê toe hy verwys het na onder meer die voorkoms van MIV en TB onder plaas- en mynwerkers.

Volgens die minister is gesonder mense meer produktief en sal beter gesondheid die plaaslike ekonomie ’n hupstoot gee, wat weer beleggers sal lok.

Hy het verwys na MIV-statistieke, wat toon minstens 32,7% van alle vroue van 25 tot 29 is MIV-positief. Die gesinne waar dié ma’s sterf, is juis dié wat in duie stort, het hy gesê.

Volgens statistieke van die departement van binnelandse sake het jaarlikse sterftes in Suid-Afrika van 1997 tot 2006 byna verdubbel tot meer as 612000.

Die Mediese Navorsingsraad sê onveilige seks (31,5%), geweld (8,4%), drank (7%) en tabak (4%) is onder die grootste oorsake van Suid-Afrikaners se gesondheidsprobleme.

Die lewensverwagting hier is nou minder as 55. Suid-Afrika het die hoogste TB-voorkoms (948 uit elke 100000) ter wêreld, het Mot­soaledi gesê.

Hy het gesê die huidige verdeling in die gesondheidsektor (tussen die openbare en die private sektor) “is nêrens in enige beleid opgeskryf nie, maar dit is meer brutaal as tydens apartheid”.

“Dit is nie meer op grond van velkleur soos destyds nie, maar op grond van sosio-ekonomiese klas. Dit is geld eerste, dan behandeling.”

Motsoaledi het gesê daar is “onbeheerste kommersialisering” in die private gesondheidsbedryf en hy gee die Mededingingskommissie die skuld.

Dié kommissie het diensverskaffers soos dokters in 2001 verbied om as een groep met mediese fondse oor tariewe te onderhandel. Die departement van gesondheid wil tariewe in die private sektor met ’n tariefkomitee beheer.

“As ons dié sektor aan markkragte oorlaat, is dit klaarpraat met ons.”

Motsoaledi het verwys na onder meer die “tegnologiewedloop” waar hospitale meeding om spe­sialiste met die nuutste toerusting te lok en sodoende die koste van gesondheidsorg opjaag.

Volgens Motsoaledi het die Raad op Mediese Skemas onlangs aan hom geskryf oor premies van mediese fondse wat met meer as inflasie styg.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: gesondheid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
16 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.