Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Minister se verskoning verwerp

2013-02-28 11:01
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die verskoning wat deur Lulu Xingwana, minister van vroue, kinders en gestremdes aangebied is oor haar kommentaar aangaande Afrikanermans en Calvinisme, kom geforseerd voor, het die vrouevereniging van die Verenigde Demokratiese Beweging (UDM) Donderdag gesê.

"Hoewel die minister nou om verskoning gevra het, klink dit geforseerd en die enigste rede waarom sy dit gedoen het was omdat sy gedwing was, nie omdat sy werklik spyt was nie," het Thandi Nontenja, die vereniging se sekretaris-generaal, in 'n verklaring gesê.

Nontenja het gesê dit lyk of Xingwana "sukkel om te beheer wat uit haar mond kom".

Die ministerie van vroue, kinders en gestremdes is geskep om gelykheid te bevorder, "...maar ons wil hê mevrou Xingwana moet self haar tasse pak, of pres. [Jacob] Zuma moet haar die deur wys, sodat iemand wat bevoeg is die leisels kan oorneem in hierdie departement," het Nontenja gesê.

Die minister het vroeër om verskoning gevra vir haar uitlatings oor Afrikaner-mans, wat dié week 'n hewige reaksie ontlok het.

"Dit het vir my duidelik geword dat my kommentaar sommige lede van ons gemeenskap ontstel het.

"Ek wil, gevolglik, daardie kommentaar terugtrek en onvoorwaardelik om verskoning vra aan hulle," het sy gesê.

Dié verskoning volg ná Xingwana aan die Australiese Uitsaaikorporasie (ABC) gesê het jong Afrikanermans word grootgemaak om te glo dat hulle vroue en kinders "besit".

"Jong Afrikanermans word grootgemaak in die Calvinistiese geloof en glo hulle besit 'n vrou, hulle besit 'n kind, hulle besit alles, en daarom kan hulle daardie lewe neem, want hulle besit dit," het sy gesê.

"Ons het ook kulturele verskille in ons eie gemeenskappe waar ons vroue het wat gedwing word om te trou en ons hanteer al daardie sake."

ABC het 'n onderhoud met Xingwana gevoer oor die dood van die Paralimpiese kampioen Oscar Pistorius se vriendin, Reeva Steenkamp.

Die insetsel, wat Maandag uitgesaai is, fokus op vuurwapengeweld in Suid-Afrika.

"Ek sal hom vra om die waarheid te praat. Ek sal hom vra om vroue te respekteer," het Xingwana gesê.

"Ek sal hom vra om ontslae te raak van sy vuurwapens. Want ek glo as hy nie vuurwapens in sy huis gehad het nie, sou Reeva Steenkamp vandag gelewe het."

Xingwana se uitlatings is skerp gekritiseer.

"Hierdie minister het bo enige twyfel bewys dat sy nie geskik is om 'n amp te hê in 'n konstitusionele demokrasie nie," het Jan Bosman, sekretaris van die Afrikanerbond, in 'n verklaring aangevoer.

Ook AfriForum het Dinsdag gesê hy oorweeg dit om 'n klagte teen Xingwana by die gelykheidshof te lê oor haar uitlatings.

Isaac Mangena, MRK-woordvoerder, het gesê die kommissie het drie klagtes van mense ontvang wat meen Xingwana se woorde is rassisties en diskriminerend. Die MRK ondersoek die klagtes.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- SAPA

Lees meer oor: lulu xingwana
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
54 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Doedelsak Van Staaden sê... Ben Martins, gaan vra vir ’n afskrif by die AA van hulle ondersoek na die brandstofheffings wat ALLE voertuig eienaars tans betaal. BESTUDEER daardie verslag, of kry iemand wat vir julle kan prentjies teken. Dan kom julle spul ongeletterde muhre weer en vertel vir ons dat e-tol noodsaaklik is. Tsk man. Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.