Minister se seun glo voorgetrek
2010-06-23 10:12
Johannesburg - Dit gons onder mediese personeel by die Steve Biko-Akademiese Hospitaal nadat ‘n minister se seun glo voorkeur-mediese behandeling ontvang het.
Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, se driejarige seun het glo Maandag ‘n oor, neus en keel-operasie by die hospitaal ondergaan.
Dít kom ten spyte van die feit dat die hospitaal talle pasiënte wegwys sodat hulle Wêrelbeker-verwante krisisse eerste kan hanteer, het Pretoria News Woensdag berig.
Dr. Ernest Kenoshi, uitvoerende hoof, ontken egter dat die hospitaal hieraan skuldig is, maar verskeie personeellede meen heelwat pasiënte is al die deur gewys.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.