Minister se luukse leefstyl onthul
2011-04-10 17:01
Johannesburg – Sicelo Shiceka, minister van samewerkende regering, word daarvan beskuldig dat hy met belastingbetalers se geld soos 'n miljoenêr lewe.
'n Verslag in die Sunday Times het onthul dat Shiceka eersteklas gevlieg het om sy meisie in 'n Switserse tronk te gaan besoek. Volgens die verslag het hy meer as R300 000 op akkomodasie en vervoer geblaas.
Hy het sy besoek as Wêreldbeker-verband gemerk, maar die koerant sê hy het al sy tyd op twee tronkbesoeke aan die SAA-lugwaardin Phumla Masilela spandeer.
Shiceka word ook daarvan beskuldig dat hy meer as R700 000 by Sol Kerzner se luukse One&Only-hotel in Kaapstad spandeer het. Hy het glo R55 000 betaal om vir een aand vir pres. Jacob Zuma se staatsrede in die hotel te bly.
Die minister het intussen sy verblyf by dié hotel verdedig en sê al die ander hotelle was vol bespreek.
Shiceka het glo ook 200 keer in nege maande gevlieg en R160 000 spandeer om sy familie rond te vlieg.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter