Minister praat later oor OB-verslag
2011-07-15 15:32
Pretoria – Gwen Mahlangu-Nkabinde, minister van openbare werke, sal later kommentaar lewer oor die Openbare Beskermer se verslag oor twee huurkontrakte, het haar kantoor Vrydag gesê.
"Die minister is van mening van tyd opsy gesit moet word vir 'n behoorlike mediakonferensie om 'n aantal kwessies, wat met die saak verband hou, te bespreek," het Lunga Mahlangu, haar woordvoerder, Vrydag in 'n verklaring gesê.
"Die minister en haar familie betreur die skielike heengaan van haar broer vroeër vandeesweek."
Mahlangu het gesê Mahlangu-Nkabinde het talle medianavrae ontvang nadat die OB se finale verslag oor die huurkontrak vir die Transnet-gebou in Durban Donderdag bekend gemaak is.
Adv. Thuli Madonsela het in haar verslag aanbeveel dat Zuma moet optree teen die minister van Mahlangu-Nkabinde omdat sy geweier het om saam te werk toe die ondersoek na huurooreenkomste met die polisie gedoen is, berig RSG.
Madonsela maak melding van wanadministrasie en sê die polisie en die departement se optrede was onbehoorlik en onwettig.
Die tienjaar-huurooreenkoms sou meer as R1 miljard rand beloop. Madonsela het aanbeveel dat stappe teen betrokke amptenare gedoen word
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA