Minister mag nét Mercedesse huur

2011-12-09 08:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – Die departement van gesondheid het sowat R95 000 bestee om tussen Maart 2010 en Julie 2011 motors vir dr. Aaron Motsoaledi te huur.

Dít blyk uit ’n geskrewe parlementêre antwoord van Motsoaledi, minister van gesondheid.

Die R95 000 is bestee in onder meer KwaZulu-Natal, Limpopo, Bloemfontein en die Oos-Kaap.

Motsoaledi het gesê die departement beperk hom tot die huur van Mercedes-Benze (C180’s en C200’s).

In die betrokke tydperk is motors 21 keer gehuur.

Dit sluit die huur van motors vir dr. Gwen Ramakgopa, sy adjunk, uit.

Die minister het gereageer op ’n vraag van Ian ­Ollis, DA-LP, wat wou weet hoeveel keer motors gehuur is om Motsoaledi en Rama­kgopa te vervoer, asook wat die koste, die redes en die model was.

Motsoaledi het gesê by tye het die koste meer as R13 000 per geleentheid beloop en ’n ander keer was dit meer as R11 600.

Die departement het R13 290 betaal vir die huur van ’n motor toe Motsoaledi, die dekane van mediese fakulteite en die Nasionale Gesondheidsraad in Julie verlede jaar in Durban vergader het.

In April vanjaar het die minister die Umkhanyakude-kliniek geopen en belastingbetalers het R11 636 vir ’n Mercedes-Benz opgedok.

Ollis het in sy reaksie ge- sê die DA is baie bekommerd oor die tendens dat ministers gereeld motors huur.

“In sommige gevalle blyk dit ook dat die verhuringskoste aan die regering meer is as aan die algemene publiek.

“Dit kan neerkom op vermorste uitgawes of dalk selfs korrupsie.”

In sommige gevalle word motors gehuur om ministers na hul kiesafdelings te neem om partypolitieke werk te verrig en nie amptelike regeringswerk nie.

“Dit is onaanvaarbaar,” het Ollis gesê.
 
– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.