Minister in seksskandaal
2011-10-30 12:18
Cedric Mboyisa en Adriaan Basson
Johannesburg – Die minister van sport, Fikile Mbalula, ‘n 40-jarige getroude pa, is in die middel van ‘n seksskandaal met ‘n 27-jarige model van Johannesburg, het City Press Sondag berig.
City Press kan bekendmaak dat Mbalula, wat ‘n voorstander is van veilige seks en onthouding, seks gehad het met die model op minstens twee geleenthede in Augustus sonder die gebruik van voorbehoedmiddels.
Die eerste keer was slegs ‘n paar ure nadat hy haar by ‘n gholfdag ontmoet het.
Die model beweer nou sy is swanger met die minister se kind.
Mbalula ontken dat hy seks met die vrou gehad het en hy noem haar ‘n “afperser”. Hy sê City Press moet betaal vir die model se swangerskaptoetse om te bevestig of sy wel swanger is.
Mbalula se gedrag is in teenstelling met verklarings wat deur hom gemaak is by ‘n Wêreld-Vigsdag byeenkoms in Desember velede jaar.
Hy het by die geleentheid, wat in Sebokeng gehou was, aan jongmense gesê hulle moet getrou bly aan hul maats.
– Lees die volledige berig by City Press
– Volg Nuus24 op Twitter