Minister dreig wanbetalers met hof

2010-03-13 09:19
Tweets Share Share line Print

Lizel Steenkamp, Die Burger.

Kaapstad - Sicelo Shiceka, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, sal wit én swart inwoners wat teen swak dienslewering protesteer met die howe en polisie aanvat.

Shiceka het gister in ’n onderhoud gesê hy het ’n “oorlogkamer” in sy departement wat wit wanbetalers “met hul eie geld” in die hof sal beveg. Voorts sal swart inwoners wat dreig om die Wêreldbekersokker met geweld te ontwrig, met die polisie te doen kry.

“Die veiligheidsmagte kan enigiets doen. Dis ongewapende protesteerders. Dis maklik. Niemand gaan 2010 ontwrig nie.”

Volgens Shiceka is die meeste betogers “dronk” en maak drank hulle “sterk”. “Ek het met die minister (van polisie) gepraat: As mense eiendom brand, gaan ons die township seël en die misdadigers soek.”

Shiceka het die onderhoud toegestaan ná die nasionale belastingbetalersunie (NBU) se ope brief oor sy aantyging dat hulle munisipaliteite ondermyn en onwettige parallelle regerings vorm.

Inwoners van sowat 300 dorpe weerhou hul belasting en dienstegeld onder leiding van die NBU. Die geld word in afsonderlike rekenings betaal om dienste reg te ruk.

“Dis die einste mense wat sê die ANC-regering en sy leiers respekteer nie die Grondwet nie. Maar respekteer hulle die Grondwet as hulle onwettige besluite neem en verkose regerings ondermyn?” wou Shiceka weet.

Volgens hom het niemand dié mense verkies om plaaslike regerings oor te neem nie. “As ons parallelle regerings toelaat, sal Suid-Afrika ’n piesangrepubliek word. Jy kan nie buite die regering optree en jouself as ’n held voordoen nie.”

Shiceka het toegegee dienslewering is swak weens ’n tekort aan geld en “omdat ons mense aangestel het wat nie weet wat hulle doen nie”.

Hy gaan in April met die wit wanbetalers vergader om ’n vreedsame oplossing te vind. “Die wittes wat sit en kla oor die onbevoegde swart regering, moet hul vaardighede en geld wat hulle tydens apartheid bekom het, saambring. Die bevoegdes en onbevoegdes moet saamwerk.”

Shiceka wil met sy omkeerstrategie vir munisipaliteite beter samewerking tussen wit en swart inwoners bewerkstellig. Teen Desember moet klagtes oor dienslewering binne twee dae aandag kry.

As die minister se onderhandelings met die NBU misluk, gaan hy hof toe. “Ek gaan hulle kop eerste aanvat. Ek gaan hulle met hul eie geld beveg,” het hy gesê.

Die departement sal teen einde April ’n lys van brandpunte landwyd hê.


- Die Burger

Lees meer oor: sa-politiek

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Ha ha! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.5DCi High Dsl PU
2010
R 154,990.00

MERCEDES

ML 320 4x4 AT
1999
R 143,700.00

CHEVROLET

Corsa 1.8 Club Utility MY10 PU
2011
R 139,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.