R1,4 miljoen vir minister se luukse verblyf

2011-11-02 07:05
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – S’bu Ndebele, minister van vervoer, het ’n Johannesburgse hotel verlede jaar R70 000 vir chauffeurdienste betaal en 25 dae daar tuis gegaan.

Ndebele, soos alle ministers in die kabinet, het twee ampswonings en twee ampsmotors, in Pretoria en in Kaapstad, sowel as persoonlike motorbestuurders.

Hy het tussen September en Oktober verlede jaar 25 dae aaneen in die Hyatt Regency-hotel in Johannesburg gewoon. Die totale rekening vir dié tyd, wat die motorgebruik insluit, was R190 000, blyk uit ’n antwoord op ’n parlementêre vraag.

Sy adjunk, Jeremy Cronin, het tussen 1 April 2009 en 31 Julie 2011 altesaam 24 dae op belastingbetalers se onkoste in hotelle oorgebly. Die totale koste daarvan was R74 203.

Luidens die antwoord het Ndebele in dié tyd R1,372 miljoen aan hotelverblyf bestee. Hy het 346 nagte in hotelle deurgebring.

Stuart Farrow, DA-LP, het gesê dit is bykans ’n volle jaar.

“Ons is bekommerd oor die tendens wat ons sien van ministers en hul verblyf in duur hotelle. Die inligting oor Ndebele volg byvoorbeeld baie kort op die hakke van dié van me. Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou en visserye. Sy het tussen Junie 2009 en Mei 2011 R1,6 miljoen aan luukse akkommodasie bestee.”

Die ironie dat ’n minister van vervoer ’n chauffeur nodig het om hom rond te karwei, ontgaan hom nie, het Farrow gesê.

Die departement van vervoer is om kommentaar genader, maar het teen druktyd nog nie gereageer nie.

Jimmy Manyi, regeringswoordvoerder, het in reaksie op vrae oor die saak na die ministeriële handboek verwys.

Volgens Farrow gaan die DA die openbare beskermer versoek om die saak te ondersoek.

“Dit is magsmisbruik. So eenvoudig is dit. Wat ministers met hul eie geld doen, traak niemand nie, maar as dit by belastingbetalers se geld kom, moet vrae gevra word. Hierdie geld kon gebruik word om huise vir die armes te bou eerder as om die minister te bederf,” het hy gesê.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
24 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.