Minister daag nie op vir TLU SA-vergadering
2010-05-06 14:22
Kaapstad - Die dagbestuur van die landbou-organisasie TLU SA sê hy het met ernstige misnoeë kennis geneem dat ’n geskeduleerde afspraak met die Minister van Landbou, Bosbou en Vissserye, Tina Joemat-Pettersson, nie kan voortgaan nie.
Die TLU SA het toevallig verneem dat sy na die buiteland is sonder om eers op behoorlike wyse kennis te gee dat die afspraak nie kan voortgaan nie.
“Die dagbestuur het met groot moeite en teen groot koste van regoor die hele land na Pretoria gereis vir dié afspraak, en almal was ontnugterd om slegs ure voor die afspraak te moet verneem dat die ontmoeting nie meer sal plaasvind nie,” sê die voorsitter van die unie, Ben Marais.
Lees meer op landbou.com.