Minister blaas R500 000 voor afdanking
2011-11-30 12:15
Johannesburg – Gwen Mahlangu-Nkabinde, afgedankte minister van openbare werke, het in die weke voor haar afdanking sowat R500 000 op reklame-konsultante spandeer.
Mahlangu-Nkabinde, wat in Oktober afgedank is, het die geld op Mpine M Consulting spandeer, het Thulas Nxesi, haar opvolger, in reaksie op 'n parlementêre vraag gesê.
The Star het Woensdag berig dat die maatskappy, wat in Centurion gebaseer is, gekontrakteer was om die "media-vaardighede in die departement te verskerp".
'n Bedrag van R250 822 is op 5 September spandeer en nog R237 142 is op 16 September aan die maatskappy betaal.
Mahlangu-Nkabinde is afgedank nadat sy deur adv. Thuli Madonsela, openbare beskermer, uitgewys is in die “onwettige” ondertekening van geboue ter waarde van R1,7 miljard.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA