Minister blaas R1,1 milj op spogmotor

2009-09-02 07:29
Tweets Share Share line Print

Liesl Peyper

Kaapstad - Die minister van hoër onderwys, dr. Blade Nzimande, het soos baie van sy ampsgenote ook ’n spoggerige vuurwa aangeskaf – ’n BMW 750i van meer as R1,1 miljoen.

Dít blyk uit die antwoord wat sy departement gister op ’n parlementêre vraag van die DA verskaf het.

Nzimande het dieselfde model gekies as die twee BMW’s wat vir genl. Siphiwe Nyanda, minister van kommunikasie, aangekoop is. Anders as Nyanda het hy egter geen luukse bykomstighede aangevra nie.

Nyanda moes vroeër deurloop onder kritiek, enersyds omdat hy twee van die peperduur ampsmotors aangeskaf het en andersyds, omdat hy luukse bykomstighede van R150 000 vir dié voertuie aangevra het. Dié aankope het die belastingbetaler altesame R2,4 miljoen uit die sak gejaag.

Intussen het die DA se adjunkhoofsweep, mnr. Mike Ellis, in ’n verklaring gesê sy party het skriftelike vrae aan al 35 departemente gerig om vas te stel of nuwe ampsmotors aangekoop is. Sestien ministers het nog nie antwoorde verskaf nie, insluitende pres. Jacob Zuma.

“Hierdie departemente is óf te ongeorganiseer om vas te stel of voertuie aangekoop is, óf die ministers hoop dat die duur aankope wat aangegaan is ongesiens verby sal gaan.”

Van die antwoorde wat reeds verskaf is, blyk Nyanda se aankope die duurste te wees, gevolg deur die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, met R1,7 miljoen.

Altesame 13 van die ministers wat geantwoord het, het aangedui dat hulle nie nuwe ampsmotors gaan koop nie.

- Die Burger

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.