Minister 'betaal nie vir chaos'

2011-02-07 09:06
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Sicelo Shiceka, minister van samewerkende regering, skuld die Johannesburgse munisipaliteit byna R35 000, maar dit is onbekend of sy water en ligte, net soos dié van 16 000 ander Johannesburgers, afgesny is.

Vuyelwa Vika, Shiceka se woordvoerder, het Sondag gesê sy weet nie wat die situasie by die minister se private woning in Midrand is nie.

Shiceka het nie sy selfoon beantwoord nie en nie Kgamanyane Maphologela, Johannesburgse munisipale woordvoerder oor inkomste en kliëntediens, óf Amos Masondo, burgemeester, óf die Gautengse premier se kantoor kon die vraag beantwoord nie.

“Die minister sal graag sy diensterekening betaal, maar hy gaan nie duisende rande uithaal vir iets wat onverklaarbaar is nie,” het Vika gesê.

Volgens haar is Shiceka self ’n slagoffer van die munisipaliteit se chaotiese rekeningstelsel en “gaan dit al jare lank so”.

Sy eerste navraag oor ’n buitensporige diensterekening was in 2008. In die afgelope drie jaar het die situasie nie verander nie.

“Hy het in daardie stadium skaars twee dae per week in sy huis deurgebring, maar rekeninge ontvang waarvoor die munisipaliteit self nie ’n verklaring gehad het nie. Hy het toe gedink iemand het onwettig van sy krag getap.”

Die munisipaliteit het onderneem om ondersoek in te stel, maar die minister het tot op hede nog nie ’n woord daarvan gehoor nie.

Shiceka het intussen na ’n ministeriële woning in Pretoria verhuis.

“Sy huis in Midrand staan leeg, maar die rekening loop net op en op. Hy wil ’n antwoord hê voordat hy betaal,” het Vika gesê.

Die elektrisiteit van talle Johannesburgers met soortgelyke foutiewe diensterekeninge is sedert 1 Januarie summier afgesny.

Shiceka het verlede week ingegryp en die Gautengse departement van behuising en plaaslike regering tot 18 Februarie gegee om met ’n regrukplan vir die Johannesburgse rekeningprobleem vorendag te kom. Hy wil daarna ’n nasionale ondersoek na al die munisipaliteite se rekeningstelsels van stapel laat loop.

“Munisipaliteite is so besig met rekeninge dat dienslewering verwaarloos word,” het Vika gesê.

Die Sunday Times het Sondag berig Masondo het ’n brief oor Shiceka se agterstallige skuld aan Humphrey Mmemezi, Gautengse LUR vir behuising en plaaslike regering, en Nomvula Mokonyane, Gautengse premier, gestuur.

Masondo en Mmemezi se woordvoerders kon dit gister nie bevestig nie, maar volgens Vika is dit “jammer” dat daar op die minister se persoonlike sake gefokus word terwyl duisende inwoners ontrief word.

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: johannesburg

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.