Minister bestee duisende vir gefuif

2009-10-16 07:31
Tweets Share Share line Print

Liesl Peyper

Kaapstad - Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het meer as R250 000 bestee aan ’n partytjie om haar begrotingstoespraak in die parlement te vier.

In antwoord op ’n parlementêre vraag van George Boinamo, DA-woordvoerder vir onderwys, het Motshekga laat blyk dat die departement van onderwys altesaam R267 044 opgedok het vir dié ­geleentheid.

Ingesluit hierby is nagenoeg R50 000 wat aan verversings bestee is en R20 500 vir vermaak.

Motshekga het egter daarop gewys dat die partytjie, wat deur 250 gaste bygewoon is, vir die departemente van basiese onderwys en dié van hoër onderwys en opleiding gehou is.

Dié partytjie en die minister van polisie, Nathi Mthethwa, se peperduur verblyf in die Table Bay-hotel in die V&A Waterfront (wat R237 000 beloop het), het die belastingbetaler meer as R500 000 gekos.

Motshekga en haar ampsgenoot, dr. Blade Nzimande (minister van hoër onderwys en opleiding), het reeds onder skoot gekom omdat hulle, ondanks die resessie en soos baie ander kabinetsministers, nie geskroom het om weelderige ampsvoertuie aan te skaf nie.

Motshekga se twee voertuie (’n Range Rover Sport TDV8 en ’n BMW 730D) het die belastingbetaler meer as R1,7 miljoen uit die sak gejaag, terwyl Nzimande se BMW 750i meer as R1,1 miljoen gekos het.

- Beeld

Lees meer oor: onderwys  |  minister

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.