Minister, adjunk eis R148 000 vir toelaes

2011-09-28 08:05
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, en sy adjunk het in die afgelope boekjaar byna R148 000 aan dagtoelaes van die regering geëis.

Dit kom neer op meer as R12 000 per maand vir Nzimande en dr. Hlengiwe Mkhize, sy adjunkminister.

Annette Steyn, DA-LP, het in ’n parlementêre vraag probeer vasstel presies hoeveel die ministerie van hoër onderwys die departement met dié eise uit die sak gejaag het.

In die departement se antwoord het dit aan die lig gekom dat Nzi­mande en Mkhize onderskeidelik R105 906 en R41 996 aan dagtoelaes in die tydperk van 1 April 2010 tot 31 Maart 2011 geëis het.

Volgens Gina Gouws, personeelhoof van die departement van hoër onderwys, is werknemers (in dié geval lede van die uitvoerende gesag) geregtig op dagtoelaes wanneer hulle plekke, benewens Kaapstad en Pretoria (waar hulle amspwonings het), in hul werkshoedanigheid besoek.

Dagtoelaes word betaal vir drie maaltye per dag en onvoorsiene uitgawes, soos leesstof en private telefoonoproepe.

“Onthaalkoste en petroleise is nie by die spesiale dagtoelaes ingesluit nie,” het Gouws by navraag gesê.

Nzimande het onlangs opnuut deurgeloop onder kritiek oor sy 15 dae lange verblyf in die Mount Nelson-hotel in 2009.

Die Burger
het berig dat die DA hom op adj.pres. Kgalema Motlanthe beroep het om te keer dat ministers agter geheimhouding wegkruip om hul luukse hotelverblyf te verbloem.

Dít volg op Edna Molewa, minister van waterwese en omgewingsake, se volstrekte weiering vroeër om ’n parlementêre vraag te beantwoord oor die hotelle waarin sy gebly het. Volgens haar sou haar veiligheid bedreig word indien sy dié inligting openbaar maak. 

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: blade nzimande

Lewer kommentaar op hierdie artikel
29 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.