Minister, OB stamp koppe oor Derby-Lewis
2011-11-24 20:36
Johannesburg – Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van korrektiewe dienste, sê sy weet nie hoekom die Openbare Beskermer ingegryp in haar stryd met Clive Derby-Lewis nie.
Adv. Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, wil ingryp nadat Derby-Lewis 'n klag by haar kantoor ingedien het.
Die 75-jarige Derby-Lewis het 18 jaar van sy 25 jaar vonnis uitgedien. Hy en Yanusz Walus is veroordeel vir die moord in 1993 op die voormalige SAKP-leier Chris Hani.
Sy aansoek om gewone parool is in 2008 sowel as 2010 geweier.
Derby-Lewis wil hê die staat moet sy mediese onkostes by 'n private instansie betaal. Mapisa-Nqakula sê egter volgens die wet moet gevangenes wat private gesondheidsorg wil hê, self daarvoor betaal.
Mapisa-Nqakula het gesê om Derby-Lewis se mediese onkostes by 'n private instasie te betaal, sal 'n swak presedent skep.
Sy hou vol dat sy nog nie Derby-Lewis se aansoek om mediese parool ontvang het nie.
Derby-Lewis, wat vir prostaat- en velkanker behandel word, sal eers weer oor twee jaar in aanmerking kan kom vir parool.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter