Minder as derde in SA het matriek
2012-10-30 11:16
Johannesburg – Minder as 'n derde van Suid-Afrikaners het matriek voltooi, het die 2011 Sensus getoon.
Die uitslae van die sensus is Dinsdag uitgereik.
Altesaam 28,4% van die bevolking het Graad 12 voltooi, vergeleke met 'n totaal van 20,4% in 2001.
Die persentasie mense wat die een of ander vorm van sekondêre onderrig voltooi het, het van 30,2% in 2001 tot 33,8% in 2011 gestyg.
Altesaam 8,6% van die bevolking het geen skoolopleiding hoegenaamd nie. Dié syfer is heelwat laer as in 2001, toe dit op 17,9% gestaan het.
"Daar is in Limpopo 'n relatief hoë persentasie mense van 20 jaar en ouer met geen skoolopleiding nie (17,3%), gevolg deur Mpumalanga (14%)," het die sensusdokument gelui.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA