Min vertroue in publieke skole
2009-11-23 22:22
Johannesburg – Meer leerders woon deesdae private skole as voorheen by, het die resultate van ’n opname getoon.
Die aantal leerders wat private skole bywoon, het vanaf 256 283 in 2000 tot 366 201 in 2008 gegroei.
Dit is ‘n verhoging van 4.2% in vergelyking met die toename van 1.9% wat publieke skole ervaar het.
Só het die resultate van ‘n opname wat gedoen is deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhouding, getoon.
Gauteng het die hoogste getal leerders in 2008 gehad wat private skole bygewoon het.
“Die drastiese toename onder leerders wat onafhanklike skole bywoon is ‘n bewys van die min vertroue wat ouers in Suid-Afrika se onderwyssisteem het,” het ‘n navorser, Marius Roodt gesê.
KwaZulu-Natal het weer die meeste leerders wat by publieke skole onderrig word.
"Die syfers behoort die departement van onderwys iets te gee om oor na te dink,” het Roodt gesê.
-Sapa