Miljoene se dagga verbrand
2009-11-10 12:44
Johannesburg - Die polisie het 'n ton dagga met 'n straatwaarde van R36 miljoen, wat vroeër vanjaar op 'n plaas gevind is, in Port-Elizabeth veras.
Supt. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie het in Maart vanjaar op 'n plaas beslag gelê op dié dagga.
Die dagga is Maandag deur die polisie veras ná die ondersoek na die oorsprong van die verbode middel 'n dooie punt bereik het.
– Sapa