Miljoene rande se boetes dalk geskraap

2009-08-21 12:34
Tweets Share Share line Print

Gloria Edwards

Johannesburg – Meer as R100 miljoen se boetekaartjies en dagvaardings wat ingevolge die Wet op Administratiewe Beregtiging van Padverkeersmisdrywe (Aarto) uitgereik is, gaan dalk gekanselleer word omdat dit onwettig uitgereik is.

Die nasionale forum van metropolisiehoofde (NCMPF) het Dinsdag aanbeveel dat die minister van vervoer Aarto nie landwyd implementeer voordat verskeie ernstige probleme wat nou daarmee ondervind word, opgelos is nie.

Dié probleme kan tot gevolg hê dat alle boetes en dagvaardings wat reeds ingevolge Aarto uitgereik is, gekanselleer sal word omdat die uitreiking daarvan die Wet op die Bevordering van Administratiewe Beregtiging (WBAB) oortree.

Luidens ’n verslag van die NCMPF aan minister Sibusiso Ndebele en die padverkeerbestuurskorporasie (RTMC), wat Beeld onder oë gehad het, sal landwye implementering van Aarto “katastrofiese” gevolge hê.

Dié verslag lys skokkende probleme met Aarto, onder meer eNaTIS se ondoeltreffende hantering van betalings, wederregtelike insameling van boeteskuld en verkeerde uitreikings van dagvaardings en boetes, wat tot miljoene rande se verliese lei. Dié probleme word reeds langer as ’n jaar in tegniese vergaderings bespreek “maar bly steeds onopgelos”.

Aarto is in September verlede jaar in die Tshwane- en in Februarie vanjaar in die Johannesburg-metroraadgebied as aanvoorprojekte geloods met die doel om onder meer die administrasie van oortredings te hanteer, te verseker dat motoriste die padverkeersreëls nakom en dat boetes betaal word.

Luidens die verslag het ’n ondoeltreffende Aarto egter sedert die implementering daarvan tot gevolg gehad dat slegs 14% van alle boetes betaal is en dat die uitreiking van boetes met tussen 30% en 50% gedaal het.

“Dit is moontlik dat dié probleem veroorsaak word deur die beperkings wat op spoedwetstoepassingsones geplaas is.

Weens ’n geregtelike oorsig kan spoedwetstoepassing net in 60-, 100-, en 120km/h-sones gedoen word. Wetstoepassing in 70-, 80-, 90- en 110km/h sones kan nie wettiglik gedoen word nie.”

Geen misdrywe onder Aarto kan regtens vervolg word nie. Dit is ook nie moontlik om dagvaardings aan oortreders uit te reik wat gekies het om hof toe te gaan nie.

“Ingevolge Aarto kan dronkbestuurders nie regtens gearresteer word mits hulle nie terselftertyd ’n verkeersoortreding begaan het nie.”

Volgens die NCMPF kan eNaTIS nie alle betalings hanteer nie. Aarto moet dus data-opnames met die hand doen, wat veroorsaak het dat duisende sulke opnames agterstallig is en verkeerd uitgereik word.

Die “korrupte” adresseringstelsel van eNaTIS het daartoe gelei dat 60% van alle oortredingskennisgewings teruggestuur word, wat tot R5 miljoen per maand verliese aan posgeld lei.

“Die poskantoor kan nie die volumes pos hanteer nie en voldoen nie aan die vereistes van Aarto nie.”

Luidens die verslag is die invordering van boetegeld vir plaaslike munisipaliteite “onmoontlik” omdat die betrokke partye verskeie wette wat munispale finansiële bestuur reël, oorskry.

Daar heers ook verwarring oor Aarto by die metropolisie, die polisie, die howe en die publiek.

“Nie een van die metropolisiedienste (landwyd) kan die ingewikkelde Aarto-projek, volumes en verwarrende wetgewing hanteer nie. Nasionale implementering moet eers ná 2010 geskied.”

Logan Maistry, Ndebele se woordvoerder, het gesê die minister “bekyk alle Aarto-kwessies”. “Ndebele sal die verslag vandag nagaan wanneer hy van Angola af terugkeer.”

– Beeld
 

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.