Miljoene onreëlmatig op Robbeneiland bestee
2011-09-30 09:11
Kaapstad – Die Robbeneiland-museum het R27,7 miljoen in die 2010-’11-boekjaar onreëlmatig bestee, blyk uit sy jaarverslag wat Donderdag in die parlement ter tafel gelê is.
Die grootste deel van dié besteding hou verband met uitgawes wat nie aan die prosedures vir verkrygingsbestuur van die nasionale tesourie voldoen het nie.
Die ouditeur-generaal het die onreëlmatige uitgawes beklemtoon in sy verslag.
Hy skryf in sy verslag die museum het nie ’n doeltreffende en deursigtige stelsel van interne beheer gehandhaaf met betrekking tot prosesse wat verband hou met beplanning, monitering en verslagdoening soos in die Wet op die Bestuur van Openbare Finansies vereis word nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Die Burger