Miljoene geskuld aan waterraad
2009-09-02 21:59
Parlement – Munisipaliteite skuld waterrade oor ‘n biljoen rand vir drinkwater, het die adjunk minister van waterwese en omgewingsake, Rejoice Mabudafhasi gesê.
Sy het op ‘n vraag in die Nasionale Vergadering gereageer.
Volgens Mabudafhasi, was dit die toestand van sake aan die einde van Julie die jaar.
“Daar is ‘n uitstaande balans van R1,155,923,543,” het sy aan die parlement gesê.
Die rede hiervoor is dat baie skole, hospitale en regeringsdepartemente, nie hulle water rekeninge betaal nie.
Daar is ook probleme met hoe munisipaliteite die situasie hanteer, het sy bygevoeg.
- Sapa