Miljarde rande 'verdwyn' by Sassa

2010-10-13 08:10
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Maatskaplike toelaes van meer as R10 miljard wat deur die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) geadministreer word, word vermis.

Dit het Dinsdag aan die lig gekom toe die ouditeur-generaal (OG) die departement van maatskaplike ontwikkeling se jaarverslag vir 2009-’10 bespreek het.

Die departement het ’n gekwalifiseerde ouditmening ontvang wat hoofsaaklik gewyt kan word aan die wanbestuur van geld deur Sassa.

Abrie Adendorff, ’n senior bestuurder in die kantoor van die OG, het Dinsdag aan LP’s gesê Sassa kan geen dokumentasie beskikbaar stel vir R10,6 miljard se toelaes wat uitbetaal is nie.

“Hierdie bedrae kan nie nagespeur word nie.”

Die departement weet dus nie aan wie dié toelaes uitbetaal is nie.

Die spesiale ondersoekeenheid is geruime tyd reeds besig om die omvang van korrupsie en bedrog met die toekenning van maatskaplike toelaes te ondersoek.

Adendorff het egter Dinsdag gesê munisipaliteite en die amptenare van private maatskappye moet ook ondersoek word omdat hulle glo onregmatig by maatskaplike toelaes kon baat.

Hy het voorgestel dat die hulp van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens ingeroep word om dié ongerymdhede aan die kaak te stel.

Adendorff het ook daarop gewys dat daar niks skort met die departement van maatskaplike ontwikkeling se vertoning en die behaling van sy doelwitte nie.

“Die departement moes ongelukkig boet vir Sassa se sondes,” het hy bygevoeg.

Dit is te wyte aan Sassa dat die departement vanjaar ’n gekwalifiseerde ouditmening ontvang het, het Adendorff ­gesê.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: sassa

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.