Mikayla vaar ál beter nadat kobra haar pik

2011-12-27 08:25
Tweets Share Share line Print

Eina, moet net nie aan daai handjie vat nie. Mikayla Robbertse loop self toilet toe saam met haar ouma, Charmaine, in die Steve Biko- akademiese hospitaal in Pretoria. (Alet Pretorius, Foto24)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dit gaan baie goed met klein Mikayla Robbertse (5), wat verlede week in Lephalale (Ellisras) deur ’n Mosambiekse spoegkobra gepik is.

Die kind is reeds oorgeplaas na ’n algemene saal in die Steve Biko- akademiese hospitaal waar sy waarskynlik vir nog ses weke tot twee maande behandel moet word.

Volgens Mikayla se ouma Charmaine beplan dokters om haar môre teater toe te neem om van die dooie weefsel van haar handjie weg te sny.

“Ons hoop nog dat dit nie nodig sal wees vir amputasies nie.”

Mikayla het ’n opwindende Kersdag gehad met talle besoekers en geskenke.

Die Colonia Christian-sentrum het die aand ’n diens by haar bedjie gehou.

Volgens Robbertse praat Mikayla soms oor die voorval wat verlede Maandagaand in haar bed gebeur het.

“Sy sê die slang het haar gepik, maar haar pa het hom geslaan. ’n Slangkenner het ons gesê die skade dui daarop dat die slang haar dalk eers gewaarsku het deur haar op die elmboog te byt sonder om gif vry stel. Dit is hoekom die wond aan die elmboog minder ernstig is. Toe hy steeds bedreig voel, het die slang haar aan die vinger gebyt en gif vrygestel.”

Dit lyk of die dokters van die weefsel bo-op haar linkermiddelvinger en die bokant van haar hand sal wegsny.

Laat verlede week was dokters nog erg bekommerd oor haar toestand. Haar lyfie was goudgeel soos haar lewer gesukkel het en sy het erg opgeswel. Sy was ook ’n ruk op ’n respirator, maar teen gister was selfs die suurstofpypies na haar neusie nie meer nodig nie.

Vir die lêery in die hospitaalbed is sy egter behoorlik keelvol.

Volgens me. Robbertse is Mikayla ’n aktiewe kind wat dol is oor haar pekineeshond, Jimmy.

Sy mis ook haar maatjies verskriklik en was glo in trane toe een van hulle haar die afgelope naweek gebel het.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: mikayla robbertse  |  slange

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.