Middestad Johannesburg kry krag terug
2009-07-28 11:48
Johannesburg – City Power het teen Dinsdag elektrisiteitstoevoer herstel na sowat 70% van die middestad wat sedert Sondag sonder elektrisiteit is.
‘n Deel van Johannesburg se middestad is die naweek in die donker gelaat ná ‘n vuur kortsluitings in die kragtoevoer na die area veroorsaak het.
Louis Pieterse, City Power woordvoerder, het Dinsdag gesê dat elektrisiteit tydelik van aangrensende substasies na die middestad herlei word.
Die area se normale elektrisiteitstoevoer sal na verwagting eers teen die einde van die week herstel wees.
Die oorsaak van die vuur is nog nie bekend nie.
- SAPA