Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Aftreefonds nie genoeg vir middelklas

2012-02-28 07:03
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Selfs met ’n verpligte nasionale aftreefonds sal die middelklas bykomend tot ’n fonds moet bydra om hul inkomste ná aftrede aan te vul.

Aftreefondse in die private sektor sal goedgekeur en ge­akkrediteer kan word daarvoor, het Selwyn Jehoma, adjunk-direkteur-generaal van die departement van maatskaplike ontwikkeling, gister op die konferensie van die vereniging vir pensioenfondsprokureurs gesê.

Al drie pilare van die bestaansveiligheidstelsel moet hervorm word. Die eerste pilaar is maatskaplike bystand, die tweede ’n verpligte fonds en die derde vrywillige versekering.

Daar moet gekyk word na die uitbreiding van maatskaplike toelaes. Die middeletoets gaan verwyder word omdat dit mense ontmoedig om te spaar.

Die tweede pilaar, ’n verpligte pensioenstelsel, moet ’n voorgeskrewevoordeel-komponent hê om op ’n basiese vlak aan mense ’n veilige inkomste te gee.

Die verpligte fonds sal ’n risiko-komponent moet hê sodat vir ongeskiktheid en dood voorsiening gemaak word. Die regering sal die fonds moet waarborg.

Jehoma het gesê daar is ook ’n argument dat dié wat ’n inkomste van meer as sowat R150 000 per jaar verdien, ’n kans gegee word om aan ’n voorgeskrewebydrae-fonds deel te neem.

Hy het aan die hand van ’n piramide-illustrasie verduidelik op die onderste vlak sal die staatsouderdomspensioen aan almal verskaf word, met die middeletoets wat verwyder is.

Op die tweede vlak is die voorgeskrewe-voordeelfonds waaraan alle Suid-Afrikaners sal kan deelneem en bydraes ook deur lede van die regeringspensioenfonds en ander soos Transnet gemaak moet word.

Die tesourie het berekeninge gedoen vir ’n bydrae-subsidie vir mense met ’n lae inkomste sodat die infasering van ’n bydraestelsel vir hulle meer bekostigbaar is.

Op die derde vlak, waar mense steeds verplig word om by te dra tot die fonds, gaan dié met ’n inkomste bo ’n sekere vlak aanvullende inkomste-verwante beskerming kry. Die debat is of dit verpligtend of na eie goeddunke moet wees.

Volgens Jehoma sal die verpligte nasionale pensioenfonds meebring dat mense met ’n baie lae inkomste ’n vervangingsverhouding van meer as 100% het met aftrede, maar dié met ’n groter inkomste sal ’n baie lae vervangingsinkomste hê. Byvoorbeeld, mense wat R76 000 per jaar verdien, sal ’n vervangingsverhouding van net 40% hê.

Hy het gesê die beleidsdokument gaan binnekort aan die kabinet voorgelê word en dan sal openbare konsultasie begin.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: aftreefondse
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Pieter Snyman sê... Sarie, Koalane het nie 'n loopbaan gehad nie. Soos die res van die regering het hy baie geld gekry om niks te doen nie. Nou gaan hy nog meer geld kry van Nr 1 (of die Guptas) en nogsteeds niks doen nie. Dit is hoekom hy nie sal sê wie nr 1 is nie. So maklik soos dit Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.