Metrorail-staking kan groot ontwrigting veroorsaak
2011-11-21 13:19
Kaapstad – Die drukgroep Rail Commuters Action Group (RCAG) het gewaarsku dat die beplande Metrorail-staking groot ontwrigting vir sake-ondernemings kan veroorsaak.
Duisende lede van Cosatu, insluitend Metrorail-werkers, sal na verwagting op 1 Desember aan 'n stakingsaksie deelneem.
Cosatu het gesê hy wil druk op die regering uitoefen om die spoornetwerk in die Wes-Kaap te verbeter.
Leslie van Minnen, voorsitter van die RCAG, het gesê die staking is slegte nuus vir sake-ondernemings, selfs al is busse en taxi's op bystand.
"Volgens metro-statistieke, het hulle sowat 300 000 mense wat hulle daagliks vervoer."
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter