Metrorail ontken drywer van ongeluk was onervare
2011-04-09 23:15
Johannesburg - Metrorail het bewerings afgemaak dat die drywer wat in Vrydag se treinongeluk noord van Pretoria dood is, onervare was, het RSG berig.
Metrorail in Gauteng se bestuurder, Tembela Kulu het gesê Anna Maseko was vir nege jaar 'n treindrywer en het goeie werk gedoen.
Maseko is dood en meer as 200 passasiers is beseer toe twee treine Vrydag op die Rosslyn-spoor gebots het.
Kulu yet gesê Maseko het in Maart vanjaar 'n verfrissingskursus suksesvol voltooi.
Al die beseerde passasiers, behalwe vier, is intussen reeds uit die hospitaal ontslaan.
Die spoorlyn behoort binnekort weer oopgestel te wees.
Volg Nuus24 op Twitter.
- RSG