Metropolisievrou ernstig beseer deur jaagduiwel
2011-11-15 21:59
Johannesburg – ‘n Metropolisiebeampte is in ‘n kritieke toestand nadat sy omgery is deur ‘n motoris op die R562 in Midrand Dinsdag, het die Johannesburgse metropolisie gesê.
Die vrou is omstreeks 20:20 per helikopter van die toneel geneem, het hoofsupt. Wayne Minnaar gesê.
“Die beampte het probeer om die bestuurder, in sy 30’s, af te trek omdat hy met sy kopligte af en te vinnig bestuur het. Hy het haar toe omgery,” het Minnaar gesê.
Die motoris sal van roekelose en nalatige bestuur aangekla word.
- Volgens Nuus24 op Twitter
- SAPA