Metropolisieman vas vir kardiefstal
2010-12-30 18:50
Johannesburg - ‘n Metropolisiebeampte van Tembisa is in Nobody in hegtenis geneem nadat hy na bewering met ‘n gesteelde motor gery het, het die polisie in Limpopo gesê.
Kol. Motlafela Mojapelo het gesê die beampte is by Nobody in die Mankweng-distrik in hegtenis geneem. Ondersoeke toon dat die voertuig in Brakpan, Gauteng, gekaap is.
“Die motor, ‘n Audi A4, het duplikaat-registrasienommers gehad.”
Mojapelo sê verdere polisieondersoeke duur voort.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA