Metropolisieman 7 keer geskiet, oorleef
2009-09-26 10:38
Johannesburg - ’n Metropolisiebeampte is Saterdagoggend sewe keer tydens ’n kaping geskiet, maar het die aanval oorleef.
Edna Mamonyane, ’n woordvoerder vir die Johannesburgse metropolisie, het gesê die jong beampte se motor is om 04:00 deur ’n groep mans buite sy huis in Naturena gekaap.
Hy is sewe keer tydens die voorval geskiet en is ernstig beseer.
Die polisieman het egter die aanval oorleef en is in ’n stabiele toestand in die Milpark-hospitaal.
Die polisie het later die slagoffer se Mini Cooper in Soweto gevind en een persoon in verband met die voorval in hegtenis geneem.
- Sapa