Metropolisielid sterf ná vragmotors hom raakry
2010-08-28 05:48
Johannesburg – ‘n Ekurhuleni metropolisie-beampte is Vrydag dood nadat twee vragmotors hom by die kruising van die R550 en die M7 naby Helderberg raakgery het, het polisie in Gauteng gesê.
Die beampte was besig om die verkeer te lei by die kruising toe die een vragmotor hom getref het.
Hy het op die grond geval, probeer opstaan en is in die proses deur nog ‘n vragmotor getref, het konst. Tikoane Sonopo gesê.
Die vragmotorbestuurders het op die toneel gestop.
Die man se naam is nog nie bekendgemaak nie.
‘n Saak van strafbare manslag is oopgemaak.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA