Metropolisielid doodgeskiet
2009-08-22 11:14
Johannesburg - 'n Lid van Kaapstad se metropolisie is doodgeskiet in die Nyanga-township terwyl hy besig was om 'n verkeersboete uit te reik, het die Wes-Kaapse polisiedepartement gesê.
Superintendent Andre Traut het gesê die beampte het ‘n taxi om 7:35 op Saterdagoggend, 22 Augustus 2009 afgetrek, en was besig om ‘n verkeersboete uit te reik toe hy deur ‘n groep mense genader is en hy in die kop geskiet is.
Hulle het sy dienspistool by hom afgeneem en gevlug. Die taxi het bly staan op die toneel waar die polisieman geskiet is.
"Die omstandighede rondom die voorval is nog nie duidelik nie. Meer besonderhede sal later beskikbaar wees."
Geen arrestasies is tot dusver gemaak nie, het Traut gesê.
- SAPA