Metropolisiehoof in hof vir moord
2012-12-07 08:01
Johannesburg – Hlula Msimang, hoof van die Ekurhuleni-metropolisie, sal na verwagting Vrydag op aanklag van moord in die hof verskyn, berig The Star.
Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) het bevestig dat Msimang teregstaan op aanklag van moord, maar wou nie verdere besonderhede bekendmaak nie.
"Ons ondersoek is afgehandel, nou is dit op die hofrol," het Moses Dlamini, woordvoerder van die Opod, aan die koerant gesê.
Volgens die berig hou die saak verband met 'n skietvoorval in Johannesburg 'n paar maande gelede.
Zweli Dlamini, woordvoerder van die burgemeester, het gesê Msimang is nie geskors nie.
"Hy is by die werk. Hy is van niks aangekla nie."
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA