Metropolisiebeamptes skiet glo op gesin
2011-03-16 22:00
Johannesburg – Die Johannesburgse metropolisie het dringend ‘n ondersoek van stapel gestuur nadat metropolisiebeamptes glo op ‘n gesin in hulle motor losgebrand het.
‘n Vrou is in die voorval beseer.
“Sowat 12 ure gelede het ons ‘n klag ontvang dat metropolisiebeamptes glo Sondagaand op ‘n gesin geskiet het,” het hoofsupt. Wayne Minnaar, metropolisiewoordvoerder, gesê.
Die bestuurder van die motor se vrou, is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal.
Volgens Minnaar sal die presiese omstandighede rondom die skietvoorval ondersoek word.
“Ons het verskeie van ons beamptes aan die skietery gekoppel en sal ondersoek instel. Die voorval het omstreeks 19:00 op die hoek van Alexandra-weg en Smutslaan in Midrand plaasgevind,” het Minnaar gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA