Metropolisiebeampte doodgeskiet
2009-07-27 08:10
Benoni – ‘n Metropolisiebeampte is dood en nog ‘n beampte ernstig gewond toe verdagtes tydens ‘n jaagtog op hulle losgebrand het.
Werner Vermaak, ER24 woordvoerder, het gesê een van die beamptes het met hul aankoms op die toneel in die middel van die pad gelê met ‘n skietwond in die buik.
“Dié beampte is na ‘n nabye hospitaal geneem. Die ander beampte het in die veld gelê. Hy is in die bors geskiet en is op die toneel dood verklaar.”
Dit is nog nie bekend of die verdagtes van die toneel gevlug het nie. ‘n Ondersoek is aan die gang.