Metropolisie wag op verslag oor Motata-ongeluk
2011-07-04 17:03
Johannesburg – Die Johannesburgse metropolisie het gesê hulle wag op 'n verslag wat meer duidelikheid sal gee oor die motorongeluk waarin Regter Nkola Motata betrokke was.
Die omstrede regter was Saterdag betrokke in 'n motorongeluk in Braamfontein in die Johannesburgse middestad.
Dit is onduidelik wat presies gebeur het, maar Motata se blou Jaguar het teen 'n taxi gebots.
Die metropolisie op die toneel het gesê albei bestuurders was nugter ten tyde van die ongeluk.
Motata is in 2009 skuldig bevind op aanklag van dronkbestuur nadat hy teen die muur van 'n huis in Hurlingham, Johannesburg, gebots het.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter