Metropolisie slaan toe op lisensie-sindikaat
2011-06-03 09:16
Johannesburg – Die polisie het 'n sindkikaat in Ivory Park aan die Oos-Rand oopgevlek wat vals bestuurderslisensies vervaardig.
'n Ekurhuleni-polisiewoordvoerder, Wilfred Kgasago sê vyf verdagtes het die besigheid uit 'n Cell C-vraghouer bedryf onder die voorwendsel dat hulle lugtyd verkoop.
Die polisie het voertuig-registrasievorms, rybewyse, replikas van regeringsdepartement-stempels en permitte by die verdagtes gekry toe hulle Donderdagaand in hegtenis geneem is.
Verskeie stempels van lisensiekantore in Gauteng is ook gekry. Hulle sal in die Boksburgse landdroshof aangekla word.
– RSG
Volg Nuus24 op Twitter