Metropolisie skiet kind dood

2009-09-09 07:45
Tweets Share Share line Print

Wolfram Zwecker

Johannesburg - Die Ekurhuleni-metropolisie het glo Sondagaand ’n kind van Delmore Park by Germiston doodgeskiet.

Inwoners van dié woonbuurt is woedend oor die beweerde voorval wat glo plaasgevind het tydens ’n partytjie om die lente te vier.

Die polisie het na bewering omstreeks 20:00 opgedaag om die partytjie stop te sit, vermoedelik omdat dit te raserig was.

Volgens hoofsupt. Wilfred Kgasa-go, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, is metropolisielede Sondagaand na Delmore Park. Daar was ’n skietery en die metropolisie en die SAPD ondersoek die saak.

Donshael het Alexander Thys (15) in die maag getref. Hy het ná die noodlottige skoot nog ’n entjie gehardloop voordat hy in mekaargesak en gesterf het. Ethan Erasmus (16) wou nog help, maar was self gewond.

Christopher Bosch (16) en Shan Sebatie (16) is ook deur die donshael getref. Dié drie is na die Natalspruit-hospitaal geneem.

Die inwoners van Delmore Park beweer die kuiery was vreedsaam. Mnr. Wayne van Zyl, ’n gemeenskapsleier wat glo ook hardhandig deur die metrolede rondgepluk is en wie se kamera na bewering gebreek is toe hy foto’s wou neem, sê die partytjiegangers het reeds begin huis toe gaan toe die skietery gebeur het.

“Dit was ’n lentefees en die mense het gekuier. Daar was geen probleme nie. Teen 20:00 het die metropolisie opgedaag en my gevra om die mense te vra om huis toe te gaan omdat hulle raas. Hulle was besig om uitmekaar te gaan, maar kon nie ry nie omdat die metropolisie die strate afgesper het. Daar was egter geen probleme nie. Ek weet nie hoekom hulle moes skiet nie,” het Van Zyl gister gesê.

Volgens mev. Inez Strauss, een van die ma’s van die jongmense wat in die parkie was, het tussen agt en tien metropolisievoertuie Sondagaand verby haar huis na die parkie gery.

“Hulle het al die paaie toegemaak en afgesper; die mense in die parkie kon nie uitkom nie. Die seuns was besig om, soos hulle aangesê is om te doen, uit die parkie te loop toe een van die metropolisielede blykbaar geskree het: ‘Boesmans, ons gaan julle vrekmaak.’ Hulle het daarna geskiet,” het sy gister gesê.

Alexander se ma, Claudia, was gister nog te geskok om oor die voorval te praat. Sy pa, Willem, was gister besig met begrafnisreëlings. Die begrafnis sal na verwagting die naweek plaasvind.

’n Roudiens word Donderdagaand in die parkie gehou waar die skietery plaasgevind het. .

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: metropolisie  |  misdaad  |  moorde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.