Metropolisie-hoë op spesiale verlof geplaas
2011-10-04 14:30
Pretoria – Dir. Ndumiso Jaca, hoof van proaktiewe polisiëring in die Tshwane-metropolisie, is op drie maande spesiale verlof geplaas te midde bewerings dat hy dieselfde nommerplaat vir sy motorfiets en motor gebruik het.
Kgosientso Ramokgopa, burgemeester van Tshwane, het Dinsdag gesê Jaca sal op betaalde verlof wees tot die ondersoek deur Jason Ngobeni, munisipale bestuurder, afgehandel is.
Jaca staan ook tereg op kriminele aanklagte en 'n ondersoek deur die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) en die Padverkeersbestuurkorporasie (RTMC)
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA