Metropolisie-beampte getuig in Jub Jub verhoor

2010-12-15 12:02
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – ‘n Metropolisie-beampte het nie gediskrimineer tussen die musikant Molemo ‘Jub Jub’ Maarohanye en sy medepligtige Themba Tshabalala, toe hy hulle vir dwelm en alkoholmisbruik getoets het nie, het die Protea landdroshof Woensdag gehoor.

“Vir my is daar geen verskil tussen beskuldigde een (Maarohanye) en beskuldigde twee (Tshabalala) nie. Vir my is hulle dieselfde,” het konst. Gideon Maseko aan die hof gesê.

Hy het gereageer op ‘n verklaring deur Maarohanye se prokureur, Ike Motloung, wat voorgestel het dat Maseko ‘n dwelmtoets op Maarohanye gedoen het omdat hy ‘n welbekende musikant is.

Volgens Motloung moes Maarohanye meer as vyf keer in ‘n pypie blaas om sy alkoholvlak te toets.

Maar Maseko het dié bewerings ontken en gesê nie een van die beskuldigdes het hom enige probleme gegee nie.

Hy sê Maarohanye en Tshabalala se gebare en bewegings het hom laat vermoed dat hulle dwelms gebruik het.

Maseko het by tye nie Motloung se vrae beantwoord nie, en het liewer lang verduidelikings gegee.

Maseko is die tweede staatsgetuie in die getuiebank op die tweede dag van die verhoor.

Maarohanye en Tshabalala het onskuldig op die tien aanklagtes teen hulle gepleit.

Die twee staan tereg op vier aanklagte van moord met alternatiewe aanklagte van strafbare manslag, twee aanklagte van poging tot moord met ‘n alternatiewe klag van roekelose en nalatige bestuur, die gebruik van dwelms en bestuur onder die invloed van dwelms.

Hulle word tans verhoor nadat vier kinders in ‘n ongeluk op 8 Maart 2010 in Soweto doodgery is.

Andile Mtombeni (19), Phomelelo Masemelo (16), Mlungisi Cwayi en Prince Mahube, albei 17 is in die ongeluk dood.

Fumani Mushanana (17) en Frank Mlabo (180 het ernstige beserings opgedoen insluitend breinskade.

- Volg Nuus24 op Twitter.
 

- SAPA

Lees meer oor: jub jub  |  padveiligheid  |  ongelukke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.