Metropolisie-hoë aangekla oor valse nommerplate
2011-09-19 14:11
Pretoria – 'n Kriminele saak is teen dir. Ndumiso Jaca, hoof van proaktiewe polisiëring in die Tshwane-metropolisie, aanhangig gemaak oor die gebruik van vervalste nommerplate.
Jaca het twee voertuie met dieselfde ongeregistreerde nommerplaat BALTY GP bestuur.
Die Justice Project het 'n aanklag teen hom in Johannesburg aanhangig gemaak.
Tshisikhawe Ndou, polisiewoordvoerder, het gesê die saak sal vandeesweek na Pretoria-Sentraal oorgeplaas word.
Jaca het nie op 'n versoek om kommentaar reageer nie.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter