Metrobeamptes dissiplinêr verhoor vir korrupsie
2011-06-30 13:13
Johannesburg – Drie metropolisiebeamptes sal dissiplinêr verhoor word vir beweerde wangedrag en korrupsie, het 'n woordvoerder Donderdag gesê.
Die trio het vermoedelik 'n kollega Dinsdag aangerand nadat hy een van hulle in hegtenis geneem het nadat die beampte R30 omkoopgeld van 'n taxibestuurder in Auckland Park aanvaar het, het hoofsupt. Wayne Minnaar gesê.
"Toe die beampte van interne sake die beampte wat die omkoopgeld aanvaar het, in hegtenis geneem het, het 'n sersant en nóg 'n beampte hom aangerand. Die drie het toe die beampte van interne sake in hegtenis geneem."
Die drie beamptes staan tereg op aanklagte van wangedrag en korrupsie. Hulle sal aan diens bly hangende die uitslag van die verhoor.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA