Metro-werkers terug op hul pos
2009-10-09 09:28
Johannesburg – Metropolisie-werkers in Johannesburg wat die terugkeer van Chris Ngcobo as die Johannesburgse metropolisiehoof, teenstaan, het Vrydag weer begin werk.
Die werkers is deel van die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (Samwu) en het Donderdag teen Ngcobo se terugkeer, verset.
Ngcobo het Maandag weer as hoof ingetree nadat ‘n ondersoek hom vrygespreek het van aanklagtes van beweerde korrupsie en ongerymdhede.
Samwu vakbondlede het toestemming van die metro-departement gekry om Woensdag ‘n vergadering te hou, maar het ná dit nie teruggekeer werk toe nie.
Lisensiekantore en toetssentrums in Johannesburg was Donderdag gesluit omdat werkers nie opgedaag het nie.
Die vakbond het met Amos Masondo, Johannesburg se burgemeester, en dié stad se bestuurder, Mavela Dlamini, ontmoet in ingestem dat werkers in belang van dienslewering sal terugkeer.
Die vakbond het egter daarop aangedring dat hy nie Ngcobo as die metropolisiehoof erken nie.
Masondo het ingestem om Maandag weer met die vakbond te vergader om die saak verder te bespreek.
- Sapa