Metro dok op ná kind se dood

2011-12-01 09:00
Tweets Share Share line Print

Port Elizabeth. – Meer as ses jaar nadat ’n egpaar van die stad hul dogtertjie aan ’n waterdood moes afstaan, het die Nelson Mandelabaai-metroraad en die polisie gister ’n skikking van R650 000 met hulle bereik.

Jolene Sampson het haar dogtertjie, Kayla (4), en ’n ongebore baba verloor toe hul voertuig op 3 Augustus 2006 deur vloedwater van ’n laagwaterbrug oor die Baakensrivier meegesleur is.

Sampson het gesê sy is dankbaar sy en haar familie is die trauma van ’n uitgerekte hooggeregshofsaak gespaar en dat die uitslag ’n oorwinning vir alle inwoners van die metro is.

“Dit gaan nie oor die geld nie. Al wat ons wou hê, was dat die foute van daardie verskriklike dag nooit weer herhaal moes word nie.

“En ek het my sin gekry: Vandag is daar groot waarskuwingsborde en kameras op om die brug te beveilig.”

Sampson en Kayla is dié oggend vroeg in gietende ­reën by hul huis in die woonbuurt Sherwood weg op pad na die kleuterskool waar sy steeds werk.

By die laagwaterbrug in Riverstoneweg het diep vloedwater hul BMW van die pad gelig en rivieraf gesleur. Ma en dogter is uit die voertuig geruk.

Samp­son het ontkom deur aan ’n boom in die rivier vas te klou. Haar bekkenbeen en arm is gebreek en sy het dieselfde dag nog ’n miskraam gehad.

Ná ’n grootskaalse soektog van sewe uur is Kayla se lykie 400 m verder in die water gevind.

Sampson het gesê die gebeure het haar onherroeplik verander. “Ek het ’n verskriklike vrees om in die
reën te ry. As ek dit móét doen, huil ek van begin tot einde.”

Maar selfs erger as dit is die gemis aan Kayla. Vandat sy kon onthou, wou sy ’n dogtertjie gehad het

En die dag toe sy uitvind sy is swanger, het sy geweet dis ’n meisie en haar naam gaan Kayla wees.

“Ná al die jare wil ek steeds huil as ek pienk meisiekleertjies sien of as van my vriendinne dogtertjies kry. Dis ’n daaglikse stryd en dit druis in teen alles in die natuur dat ’n ouer sy kind moet begrawe.”

Ná Kayla se dood het die dokters geen hoop gehad dat Sampson en haar man, Charl, ooit weer kinders sou kon hê nie. Op 15 Augustus 2007 het hulle egter ’n seuntjie, Roché, gehad en vanjaar het Ruan (nou vier maande) gekom.

Die egpaar het gesê die liefde en gebede van hul familie, vriende en vreemdelinge het hulle deur die hel van hul verlies gedra.

Sylvia Biesenach van die regsfirma O’Brien Inc. het gesê die metro is gelas om die grootste deel van die skikkingsbedrag plus regskoste te betaal en die polisie die res.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: metropolisie  |  sapd

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.